SMARTINE.NL ≡ Gereedschap Swings Soupes Power Banks
  • Graad R

  • Oasis Kurrikulum Graad R.

Oasis Kurrikulum Graad R.

$63.6 $91.58
Description Hierdie program fokus spesifiek op Graad R. Graad R is tans skoolpligtig, en daarom is ’n doelbewus saamgestelde program, ontwikkel deur kundiges, van kardinale belang. Graad R verteenwoordig die laaste jaar binne die voorskoolse fase. Daarna begin die formele skoolloopbaan in die grondslagfase. Om hierdie rede berei ons kinders nie slegs voor vir Graad 1 nie, maar vir die volle verloop van hul skoolloopbaan. Ons fokus op die vestiging van ’n sterk, gebalanseerde grondslag wat leer, aanpasbaarheid, emosionele veerkragtigheid en selfvertroue ondersteun — eienskappe wat kinders nodig het om volhoubaar suksesvol te wees in die skool en verder. Die program : Ons program fokus op die KABV (CAPS) as fondasie.  Dít word gedoen sodat die kleuter  as ‘n holistiese persoon die nodige stimulasie en ontwikkeling ontvang op pad na die volgende jaar. Ons fokus op perseptueel motoriese ontwikkeling wat die fondasie vorm van alle toekomstige formele leer. Die program strek oor 40 weke en is temagerig. Alhoewel ons die KABV-temas gebruik, word dit nie rigied of woordeliks gevolg nie. Dit is belangrik om daarop te let dat daar nie 40 afsonderlike temas is nie. Die 40-weke-program sluit hersienings- en konsolidasieweke in, wat doelbewus ingebou is om leer te versterk en begrip te verdiep.. Hoe is dit beskikbaar : Ons stuur alles as uitgedrukte gebinde bundels.  Dis is volkleur gedruk en geringbind. Geen pdf’s beskikbaar nie. My pretboek : Ons program sluit ‘n werksboek in wat apart aangekoop word.   LET WEL julle het geen werksboeke nodig saam met ons program nie.  Maar ons weet dat ouers vra vir werksboeke.  Moet asb nie ander verskaffers se werksboeke kombineer met ons program nie. Die werksboeke in ons program fokus op pret!  Alhoewel dit op papier is, word dit steeds informeel aangebied. Hierdie boeke word per kind aangekoop. Die rapporte word in die boekie ingebind (indien boeke vir die hele klas gekoop word). Die hele werksboek  dien as ‘n rapport aan die einde van die kwartaal wat huis toe gestuur word vir die ouer.  Dit dien as die portefeulje. Ons laat geen fotostate toe op enige van ons materiaal nie. Elke week in die program : ‘n Tema vir elke week – volledig uitgewerk en ingedeel by elke dag van die week. Tema woorde en prente – uitgedruk en gebind in jou boek.  Haal dit uit en lamineer en knip uit. ‘n Rympie – uniek en oorspronklik en geskryf deur ons. ‘n Wiskundeles per dag. ‘n Taalles per dag. Fokus op lewensvaardighede – kuns, musiek, beweging Deurlopende assesserings om weekliks te voltooi Ons program word aangevul deur ‘n Robotika program wat “unplugged” is en ‘n Lekker letters program (wat fokus op konkrete, maar fonetiese klankleer). Beide hierdie programme is ekstra en word apart aangekoop. Die omgewing : Die omgewing is baie belangrik as dit kom by die leerproses van die kind.  Ons lesbeplanning fokus op klein groep leerstasies wat gewissel word.  Indien jy onseker is hoe om dit in jou klas aan te pak, moet jy by ons uitkom vir opleiding. Hoekom die Oasis program : Die Oasis program word geskryf en saamgestel deur gekwalifiseerde kundiges met jarelange ervaring in die bedryf. Die Oasis program is lesbeplanning.  Ons sê nie net wat julle moet bereik nie, maar ook hoe!  Ons sê nie net tel tot by 10 nie, ons beskryf ‘n hele unieke les om aan te bied. Die Oasis program word jaarliks hersien om die nuutste in internasionale navorsing te weespieël. Die Oasis program se inhoud is altyd konkreet en gefokus op die kind. Die Oasis standaard : Alhoewel ons die CAPS (KABV) as grondslag gebruik, is Oasis van mening dat ons nie uitsluitlik op hierdie minimum standaarde kan en mag fokus nie. Daarom verseker ons dat ons programme ook in lyn is met beide Britse en Amerikaanse onderwysstandaarde. Ons program is ’n verrykte program. Neem asseblief kennis dat ons steeds informeel en konkreet werk. Ons gee geen van ons pedagogiese beginsels prys nie — inteendeel. Ons streef doelbewus na hoër standaarde as bloot die minimum vereistes. Opvoedkundige beginsels :  Ons is opgewonde oor eeu-oue opvoedkundige waardes, maar ook oor nuwe insigte en nuwe benaderings. Om hierdie rede is ons didaktiek nie gebaseer op slegs een denkrigting of metode nie. Ons put met waardering uit die werk en beginsels van Jean Piaget, Maria Montessori, die Reggio Emilia-benadering en Lev Vygotsky, maar ook uit meer hedendaagse navorsing en insigte deur Dr Caroline Leaf, prof Carla Hannaford en prof David Gallahue. Hierdie beginsels word nie lukraak toegepas nie, maar krities geëvalueer en doelbewus aangepas om sinvol en toepaslik te wees binne ons unieke Suid-Afrikaanse konteks. By Oasis is opvoeding nie net ’n program of ’n metode nie —Oasis is ’n leefwyse. Die Oasis belofte : Die Oasis pogram belowe om leer weer lekker te maak.  Weg is die frustrasie van werkskaart op werkskaart.  Weg is die druk wat ons op ons kinders plaas.   By ons fokus ons op die kind en nie op die kurrikulum nie!
Graad R

Graad R

  • Oasis Kurrikulum Graad R.
    $63.6 $91.58
  • Middagsorg program en opleiding
    $46.69 $66.77
  • Robotika en Kodering 2.0 – Gr. R program Afrikaans
    $45.07 $81.13

© 2026 - SMARTINE.NL